Local NewsNews
Fotokompetisie finaal om die draai
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Limpopo se fotokompetisie het Sondag gesluit. Sien die finaliste hier.
POLOKWANE – Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Limpopo se fotokompetisie het Sondag gesluit.
Tot op hede is bykans 1 400 stemme ontvang. Die finaliste is gekies gebaseer op die hoeveelheid stemme. In die volgende ronde verander die SMS-koste na R5 en die nommer na 36933.
Borge vir die kompetisie is:
• DBV – sterilisasies
• King Pie Lebowakgomo – Mikro skyfies
• Scooters Pizza – Geskenkbewyse
• Mug & Bean – Geskenkbewyse
• Surika Haarsalon – Geskenkbewyse
• Maxi’s – Geskenkbewyse
• Daar is ook ‘n Scooters geskenkbewys vir die selfoonnommer waarvandaan die meeste SMS-stemme ingestuur is. SMS-stemme kan tot 8 Julie ingestuur word waara die wenners bekendgemaak sal word.