Local NewsNewsUpdate

Dian Basson sterk steeds aan in hospitaal

Dian Basson, 'n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Pietersburg (PHS) sterk tans aan na 'n gru-ongeluk Maandag, omstreeks 15:30 sowat 45km buite die stad en sowat 5km vanaf sy ouerhuis, op die Modjadjiskloofpad.

POLOKWANE – Dian Basson, ‘n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Pietersburg (PHS) sterk tans aan na ‘n gru-ongeluk Maandag, omstreeks 15:30 sowat 45km buite die stad en sowat 5km vanaf sy ouerhuis, op die Modjadjiskloofpad.

Volgens Dian se ma Jeanette Wewege Basson is daar Vrydag, 19 Junie ‘n breinskandering op hom gedoen en die dokters is tevrede met die vordering in sy herstelproses.

“Dian is tans steeds op die ventilator en word steeds onder sedasie gehou, maar dokters het aan ons gesê dat dit met hom baie beter gaan,” vertel Jeanette.

Sy het aan Review gesê dat sy graag almal wil bedank vir hulle wense en gebede en al die klein dingetjies wat vir die gesin gedoen word tydens hierdie moeilike tyd.

Die familie waardeer die onder-steuning opreg.

 

Wense tot beterskap stroom in vir Dian Basson na ongeluk

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button