Local NewsNews

Wense tot beterskap stroom in vir Dian Basson na ongeluk

Dian Basson, 'n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Pietersburg (PHS) sterk tans aan na 'n gru-ongeluk Maandag sowat 45km buite die stad op die Modjadjiskloofpad.

POLOKWANE – Dian Basson, ‘n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Pietersburg (PHS) sterk tans aan na ‘n gru-ongeluk Maandag, omstreeks 15:30 sowat 45km buite die stad en sowat 5km vanaf sy ouerhuis, op die Modjadjiskloofpad.

Dian is ‘n kranige sportman, en neem onder andere aan landloop en rugby deel by die skool. Volgens Jeanette Wewege Basson, Dian se ma, was Dian op pad terug na hulle huis sowat 50km uit die stad op die Modjadjiskloofpad toe hy vir iets in die pad uitgeswaai het en die voertuig die pad verlaat en gerol het.

“Dian het verskeie beserings opgedoen. Een van sy longe het platgeval, hy het breuke aan beide sy arms opgedoen as gevolg van die botsing, asook ‘n gebreekte wangbeen en bloeding op die brein,” het sy ma vertel. Sy het ook bevestig dat hy reeds vir ‘n breinskandering gegaan het en dat die dokters hom vir die volgende 72 uur onder verdowing gaan hou waarna hulle weer toetse gaan doen. Sy het aan Review vertel dat die dokters tans die bloeding nie as gevaarlik ag nie en dat die familie hoopvol is vir ‘n vinnige beterskap. Boodskappe van mede-leerders, familie en vriende het op die Facebookbladsye van beide Dian en Jeanette ingestroom teen druktyd.

Anna-Marié Schoeman, die skakelbeampte van PHS het die skool se wense van beterskap aan die gesin oorgedra. “Ons wens die familie sterkte toe en bid saam met hulle vir ‘n volkome herstel,” het sy gesê.

Die voertuig waarin Dian Basson gery het tydens die ongeluk op Maandag, 15 Junie word ingesleep.
Die voertuig waarin Dian Basson gery het tydens die ongeluk op Maandag, 15 Junie word ingesleep.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button