Local NewsNews

PIENKVOETJIES: Kleinboet vir Nihan om die prentjie te voltooi

Nihan Snyman (2) het geweet hy gaan 'n bababoetie kry, maar presies wat dit behels het hy nie verstaan nie.

POLOKWANE – Nihan Snyman (2) het geweet hy gaan ‘n bababoetie kry, maar presies wat dit behels het hy nie verstaan nie.

Nietemin is hy baie erg oor sy boetie, Daniël, wat vier maande gelede deel van hom en sy ouers, Sunette en Johan, se lewens geword het.

“Albei my kinders is kunsmatig verwek en alhoewel ek die tweede keer geen tekens van swangerskap gewys het soos met my eerste swangerskap nie, was ek verbaas toe die bloedtoets positief was.”

Johan was by haar toe hulle die uitslag gehoor het en kort daarna het hulle vir Daniël se ouma ook die goeie nuus vertel.

“Dit was ‘n baie maklike swangerskap, behalwe vir die geswelde voete oor Desember.

“Ek borsvoed en ek dink elke ma sukkel seker maar, maar na die eerste twee weke gaan dit beslis baie makliker,” vertel Sunette waar sy langs Daniël en Johan sit terwyl Nihan rustig op die mat speel.

Beide seuns se name is familiename.

Sunette vertel laggend dat sy graag wou weet wat die baba se geslag was voor die geboorte aangesien sy “heeltemal te nuuskierig was”.

Johan vertel dat dit ‘n uitdaging is met twee kinders.

“Waar ek en Sunette eers beurte gemaak het om vir Nihan te bad, bad ons nou elk ‘n seun.

“Ons moet alles wat ons doen verdeel, maar ek kan nie my lewe sonder hulle indink nie. Hulle is beide een groot vreugde.”

Related Articles

Back to top button