Editor's noteLocal NewsNews

‘n Bobaas koeksister het dié eienskappe…

Review het met Elize Pretorius gaan gesels oor dié smullekker eetdingetjie.

POLOKWANE – Volgens verskeie webwerwe het koeksisters in die laat 17de eeu hul ontstaan gehad toe verskeie resepte met mekaar vermeng is.

Die resepte was een vir oliekoek, wat ook oliebolle of bolle genoem is en ‘n rysmiddel wat partykeer vrugte bevat het, asook dié vir krullers wat uit ‘n pastadeeg sonder ‘n rysmiddel berei is.

Koeksisters is steeds baie gewild en pronk gereeld op ‘n teetafel, nageregtafel of selfs op ‘n skinkbord saam ander vingerhappies. Review het met Elize Pretorius gaan gesels oor dié smullekker eetdingetjie.

“My resep is baie eenvoudig. Ek meng meel, bakpoeier en sout. Dan meng ek water, olie en eiers apart, ek meng dan die droë en nat bestanddele saam,” vertel sy. “Daarna knie ek dit vir 20 minute, die deeg moet nie te slap of te styf wees nie.”

Na dit geknie is moet dit ten minste twee ure staan sodat dit kan rys. “Die weer speel ‘n groot rol. As dit warm is werk die deeg lieflik saam, maar as dit koud is, rys dit nie so mooi nie.”

Die koeksisters word in olie gebak waarna dit in koue stroop gedoop word. Die stroop word gemaak met suiker, water, suurlemoensap, kremetart en wynsteensuur.

“My ma het begin om koeksisters te bak en daarna ook my sussie. Ek het altyd gekyk hoe my ma koeksisters bak, maar toe my ma se gesondheid 15 jaar gelede ingegee het, moes ek oorvat. Om te bak is vir my vreeslik lekker. Dit kom natuurlik.”

Sy vertel dat die groot koeksisters minder tyd verg om te maak, maar dat die kleiner koeksisters meer gewild is.

“Elke koeksister moet altyd perfek wees. Dit kan tot ses maande in die yskas gebêre word.”

 

Kan jy dalk land se lekkerste koeksisters bak? Skryf nou in!

For more breaking news, visit our website ReviewOnline  or follow us on Twitter or Facebook

Related Articles

Back to top button