Local NewsNews

Kayla Smith sterf dag na suster se begrafnis

Kayla Smith (18) was ernstig beseer in die ongeluk wat haar suster, Zaskia da Silva (29) en ‘n plaaslike makelaar, Charles van der Walt (52) se lewens geëis het.

POLOKWANE – Die 18-jarige Kayla Smith is vanmiddag omstreeks 16:00 oorlede na sy verlede Vrydag in ‘n motorongeluk op die R71 betrokke was.

Lees meer: PHS-leerder stabiel na motorongeluk waarin 2 omkom

Kayla was saam met haar suster, Zaskia da Silva (29) en ‘n plaaslike makelaar, Charles van der Walt (52), in die motor toe dit gerol en aan die brand geslaan het sowat 5km duskant Haenertsburg.

Foto: Traffic Policing Affairs Limpopo

Beide da Silva en Van der Walt het in die ongeluk omgekom.

Lees meer: ‘Charles, ons gaan jou mis, ou maat’

Lees meer: Zaskia was ‘lief vir die lewe’

Kayla, ‘n leerder van PHS, is na die Netcare Pholoso Hospitaal geneem waar sy onder sedasie en aan ‘n ventilator gekoppel was. Sy het swelling op haar brein gehad.

Sy is gister uit sedasie bring maar haar toestand het egter versleg.

Review het haar afsterwe bevestig, en medelye met die familie word wyd op sosiale media gedeel.

Skoolhoof van PHS, Adolf Ellis, het namens die personeel en mede-leerders hul medelye uitgespreek.

“Kayla, jy het nie die stryd verloor nie. Jy het hom voltooi. Nou dans jy saam met Jesus op die ritme van Sy hart klop. Ons sal jou mis totdat ons mekaar weer sien.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

 

 

Related Articles

Back to top button