EntertainmentLifestyle

Kuns kry nuwe lewe op Ina se verfdoek

Kunstenaars van die stad het verlede week gedurende 'n driedag-kursus by Genl. Piet Joubert-skool meer geleer oor hul passie.

POLOKWANE – Kunstenaars van die stad het verlede week gedurende ‘n driedag-kursus by Genl. Piet Joubert-skool meer geleer oor hul passie.

Ina Wilken, van Vermont in die Kaap, het die kursusgangers meer geleer oor tegniek en kleurgebruik.

“Ek het bekende kuns-tenaars soos Vincent Van Gogh se werk en tegniek met hulle bespreek,” vertel Wilken.

“Ek probeer my kennis oordra en leer hulle van die kunstenaars se agtergrond. Die kunstenaars moet tegnieke kan toepas sonder om enige werk na te aap.”

Die kursusgangers het ook geleer hoe om ‘n foto te omskep in ‘n skildery.

Rene Bonthuys wat die kursus georganiseer het vertel dat daar ‘n geweldige behoefte in die stad is vir sulke kuns aangeleenthede.

“Ek bied kunsklasse aan en kom agter dat al hoe meer en meer mense in die stad daain belangstel. Ons beplan om op ‘n stadium ‘n uitstalling te hou. Die kursus was ‘n groot sukses en ns het ongelooflik baie geleer.”

Related Articles

Back to top button