Local NewsNewsUpdateBreaking News

OPVOLG: Maela skuldig aan Tanya Wiers-moord

Frans Maela is sonder twyfel skuldig aan die moord en verkragting van Tanya Wiers.

POLOKWANE – Regter Gerrit Muller het dié uitspraak ‘n kort ruk gelede in die Polokwane Hooggeregshof gelewer en gesê vonnisverrigtinge sal Maandag geskied.

Dié stuk geregtigheid kom twee jaar, drie maande en ‘n aantal dae nadat Maela vir die moord gearresteer is.

Frans Maela.

Hy was werksaam as tuinier by die Wiersgesin se bure ten tyde van die moord, en het die afgelope twee weke herhaaldelik in die hof gesê die bewyse teen hom is geplant en dat die getuies vir die hof lieg.

Lees meer: Wiers-moordsaak hervat: Rolf hoop vir geregtigheid (klank)

Maela is skuldig bevind op moord, roof met verswarende omstandighede en verkragting.

Lees meer: Bloed ‘oral’ in Wiers-huis, hoor hof

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button