Lea Basson vertel dat dinge in haar skooltyd baie makliker was. "Dinge was eenvoudiger en daar was meer tyd vir regtig speel tussen al die werk en sport deur." Sy vertel dat almal verplig was om by die skoolfunksies soos interhoër te wees. Baie meer kinders het ook met hul fietse skooltoe gery. Die skool was ook baie streng oor skooldrag," vertel sy.
“Skool was ‘n baie strenger plek toe ek nog daar was. Kinders het pak gekry en jy was bang om weer te oortree. Maar dit het ons nie gekeer om ook baie stout te wees nie want soms is die pakslae net die moeite werd na al die pret,” sê Louise Pienaar.
Lea Basson vertel dat dinge in haar skooltyd baie makliker was. “Dinge was eenvoudiger en daar was meer tyd vir regtig speel tussen al die werk en sport deur.” Sy vertel dat almal verplig was om by die skoolfunksies soos interhoër te wees. Baie meer kinders het ook met hul fietse skooltoe gery. Die skool was ook baie streng oor skooldrag,” vertel sy.
“Toe ek nog in die skool was was daar soveel dinge wat ons kon doen sonder om bekommerd te wees oor die veiligheid. Ek kon byvoorbeeld met die bus alleen ry na ver plekke en ook selfs na sewe in die aand gaan rondloop. Dis iets wat die leerders van die skool nie vandag sommer ka doen nie,” sê Cathy Grobler.
“Kinders het respek gehad vir ander mense en was altyd baie behulpsaam toe ek op skool was. Ons het ook almal so gou as moontlik begin werk waar ons kan en al het ons nie baie geld gehad nie, het ons baie gespeel en gelag want die lewe was makliker daai tyd,” sê Lina Letsoalo.
“Daar was altyd tyd vir speel in die bos en bome klim en net kind wees. Of jy nou in die laer grade was of seniors. Vandag is daar duidelike skeiding tussen die leerders en al wat dit beteken is dat kinders vandag minder vriende het,” sê Walter Mulahudzi.
“Daar was in my dae nie al die fotosessie met die matriekafskeid nie. Jou pa het jou gaan aflaai of die ou saam met wie jy gegaan het en dan is jy teruggebring. Ek onthou hoe die enigste manier hoe ek by die ‘after party’ kon wees was om dit by my huis te hou. Dis iets wat ek nooit weer sal doen nie want jy moet vir alles regstaan,” sê Elmari Craig.
riana@nmgroup.co.za
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Back to top button