Local NewsNews

Bantjes-egpaar: stad neem afskeid

Die bekende Bantjes-egpaar, Pierre en Erika is onder die 26 oorledenes wat in ‘n gru-ongeluk op die N1 Vrydag 19 Oktober oorlede is.

POLOKWANE – Pierre was die eienaar van Veritas Risk Protection, wat poligraaftoetse behartig het en in risikobestuur vir besighede en huise gespesialiseer het, Erika was ‘n bekende haarkapper in die stad en die eienaar van Deo Volente Hair and Beauty.

Lees meer: [UPDATE] Death toll rises to 28 in fatal N1 crash

Hulle was ook bekend in atletiekkringe, talle mede-atlete en vriende het hulle skok uitgespreek nadat nuus van die geliefde egpaar se afsterwe bekend gemaak is.

Die egpaar was 21 jaar getroud en laat twee kinders, Zulithe en Altus agter.

Volgens die Departement van Vervoer het die voorste band van ‘n trok gebars en die bestuurder het beheer verloor. ‘n Aantal ander voertuie, asook ‘n 22-sitplek-minibus was in die ongeluk betrokke.

‘n Gedenkdiens vir die Bantjes-egpaar sal Vrydag (môre) om 10:00 vanuit die Agapé Christen gemeente in Kidds Drive gehou word.

Lees meer oor die geliefde Bantjes-egpaar in Review.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button