Local NewsNews

Geliefde Mokopane pastoor in sy huis vermoor

Die aanvaller het pastoor Johan van Eeden oorrompel en hom met sy eie vuurwapen geskiet.

MOKOPANE – Dit was ‘n laaste groet op die OR Tambo Lughawe vir Vicky van Eeden toe sy haar man, pastoor Johan van Eeden, op Woensdag, 4 Julie, op die lughawe afsien.

Johan is in die oggendure van 20 Julie buite sy huis in De Bakke, ‘n woonbuurt in Mosselbaai, met sy eie vuurwapen vermoor.

Vermoedelik het hy iets gehoor en uitgegaan toe hy oorval is.

Sy aanvaller het hom oorrompel en hom met sy eie vuurwapen geskiet.

Die aanvaller het op vlug geslaan en niemand is in inhegtenis geneem nie.

Vicky, Eienaar van The Ladybird @ Vicky’s Flowers in Mokopane, sê sy het nog kort voor die moord met hom telefonies gepraat.

Sy vertel Johan het drie weke terug ‘n beroep na Mosselbaai aanvaar en sy het hom op 4 Julie gaan afsien by die lughawe.

“Nooit het ek gedink dit sou my laaste koffie saam met my geliefde man wees nie.

“Dit moes net ‘n tydelike totsiens gewees het vir my om eers my finale reëlings in Mokopane af te handel terwyl Johan die leisels by die nuwe gemeente in Mosselbaai oorneem.

“Dit breek my om te dink ek gaan nooit weer sy stem hoor nie. My hart is in stukke. Ek sal nooit weer sy grappies hoor, of die erns in sy stem as hy die gemeente vermaan.”

Vicky vertel Johan het vir God gelewe.

Sy mis hom reeds, hy was haar anker. Sy begrafnis vind plaas vanuit die Pinkster Protestante Kerk op die hoek van Voor- en Thabo Mbekistraat, Saterdagoggend om 11:00.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button