Local NewsNews

[LUISTER] Jak de Priester deel van sy loopbaan se soete herinneringe

Gewilde Afrikaanse sanger, Jak de Priester, besoek die stad hierdie Saterdag waar hy by die Wiele500 damestee gaan optree asook die aand by Ambiance.

POLOKWANE – Review het met hom gesels en lesers kan gerus meer in hierdie week se Review lees. Luister hier na ‘n paar van sy antwoorde.

Jak is nie net sanger nie, maar ook televisie-aanbieder en vertel dat hy met sy reeks, Reis na Gister, ‘n klomp wonderlike mense kon ontmoet.

1. Watter persoon wat jy graag wou ontmoet, het jy al ontmoet en wie sal jy graag nog wil ontmoet?

Nederigheid is een van die belangrikste lesse wat Jak as sanger geleer het.

2. Wat is die grootste lewensles wat jy in jou jare in die bedryf geleer het en wat sal jy graag aan jou nageslag wil leer?

Jak se kinders lê hom na aan die hart en sy stem raak warm wanneer hy vertel hoe hulle hul eie plek in die vermaaklikheidsbedryf vind.

3. Stel jou kinders daarin belang om in jou voetspore te volg of is dit te vroeg?

Hy vertel dat hy gewoonlik naweke nie by die huis is nie, maar dat dit vir hom maklik is om tyd saam met sy familie te spandeer.

4. Hoe balanseer jy werk en familietyd om nie een van die twee af te skeep nie?

Jak se gesin is sy motivering.

5. Wie en wat motiveer jou?

In sy 16 jaar in die vermaaklikheidsbedryf onthou hy verskillende optredes wat ‘n indruk op hom gemaak het.

6. Wat is die een optrede wat jy nooit sal vergeet nie?

Jak vertel dat hy lanklaas in Polokwane was en dat hy nie kan wag om die inwoners te kom besoek nie.

7. Wat kan jy aan Polokwane bied met jou optrede?

Lesers kan ook volgende week na foto’s van die geleenthede waar Jak de Priester is, uitsien.

Luister na sy gewilde liedjie, Sally Williams Nougat:

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button