Local NewsNews

Blinkoog-seun se sig is op die spel

Met groot drome om 'n motorwerktuigkundige te word gaan Charl Ariefdien se pa en ma, Gammie en Elaine, als in hul vermoë doen om hom te help.

POLOKWANE – Gammie en Elaine het beide hul sig op jong ouderdomme verloor en nou ervaar hul jongste seun, Charl (15), ook probleme met sy oë.

Elaine vertel dat Charl sy eerste oogoperasie in 2016 moes ondergaan.

Lees ook: Skenk geld om ‘sonskynkind’ te help

Nou, twee jaar later, moet hy weer een kry.

“Die skool het my op 20 Februarie gekontak en gesê dat Charl nie mooi kan sien nie. Ons het hom na Mankweng Hospitaal geneem waar hulle gesê het hy kan op 27 April geopereer word. Aangesien dit nood was omdat die operasie in ‘n kort tydperk moes geskied, is ons na ‘n privaat dokter wat ons gehelp het.

“Ons moes R30 000 insamel vir die operasie en met die gemeenskap se hulp, kon ons dit binne twee weke doen,” vertel sy.

Charl het ‘n lensvervanging ondergaan en tydens dié operasie is bevind dat hy ‘n opvolgoperasie moet ondergaan.

Dié operasie was vir Woensdag, 4 April geskeduleer.

“Dokters het bevind die drukking agter sy oog is baie erg en dus moet hy ‘n noodoperasie ondergaan.

“Die lens en die retina is los en die dokters moet dit tydens die operasie heg.

“Na die operasie sal hy weer normaal kan sien.”

Gammie vertel dat hulle reeds R8 000 vir die tweede operasie ingesamel het, maar dat daar nog R12 000 uitstaande is om die mediese onkostes te dek.

“Ons het glad nie slegte diens by die staatshospitale ontvang nie, maar ons moet privaat behandeling kry aangesien tyd ‘n faktor is.

“Ongelukkig kan die provinsiale hospitale ons nie vinnig genoeg help nie.”

Gammie en Elaine vertel dat hulle as Charl se ouers, sterk moet staan.

“Ons vestig ons hoop in die Here. Hoe gouer Charl behandel word, hoe beter. Die Here is in staat tot groot dinge.”

Die gesin bedank al die families wat hulle finansieel bygestaan het: Die Jooste-familie, Liversage-familie, Heyns-familie, Adonis-familie, Harmse-familie, Verwey-familie, Britz-familie en die Van Niekerk-familie.

Enige donasies aan die gesin kan gemaak word aan:

Gammie Ariefdien.

Capitec Bank.

Rekeningnommer: 148 310 7513.

Takkode: 470010.

Verwysing: Ariefdien.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button