Local NewsNews

Simfonia Juventi kom kuier in Polokwane

Die Simfonia Juventi Jeugorkes sal in Polokwane die naweek van 20 tot 22 April wees .

POLOKWANE – Skole sal die voorreg hê om ‘n gratis konsert by te woon om 12:00 op Vrydag, 20 April.

Dié optrede vind plaas by Bolivia Lodge se Limpoposaal.

Hulle word gevra om Ans Becker te kontak om seker te maak daar is nog plek beskikbaar.

Op Saterdag, 21 April vind ‘n galakonsert plaas in dieselfde saal wanneer die orkes, onder leiding van Eddie Clayton, die gehoor met musiek vir elke smaak sal bekoor.

Simfonia Juventi sal onder andere treffermelodieë uit Swanemeer van Tshaikovsky speel, jou laat luister na Ierse dansmusiek en selfs ‘n draai maak by die temamusiek van Superman.

Eddie Clayton sal die Simfonia Juventi Jeugorkes begelei.

Die gehoor sal ook na twee uiters begaafde soliste luister.

Christof Joubert sal die Elfentanz van Popper op die tjello voordra, terwyl Catherine Stiff die Allegro gedeelte uit Felix Mendelssohn se vioolkonsert in E-mineur sal speel.

Hierdie geleentheid, wat aangebied word deur die Gereformeerde Susters Pietersburg-Noord, is een wat nie misgeloop moet word nie.

Vir kaartjies of enige inligting, kan Ans Becker by 082 457 8171 geskakel word.

Kaartjies kos R100 vir volwassenes en hoërskoolleerders.

editor@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button