NewsSchools

Terug skool toe boodskap van personeel aan leerders

Met die wegspring van die eerste skooldag van 2018 het die personeel van Laerskool Pietersburg spesiale boodskappe gestuur aan die leerders van die skool om hullei die nuwe jaar aan te moedig en welkom te heed.

POLOKWANE – “Ons visie vir graad ses is om heel eerste ‘n ligtoring vir ander te wees. Ons wil ook God se liefde uitstraal na die res van die skool en om dit wat ons doen of dit nou akademie, sport of kultuur is, dit ter ere van God te doen,” vertel Carmia Mason die gr 6 graad voog.

Die Gr ses en sewe personeel van PLS, Charlotte van den Berg, Jackie Venter en Annelie Vertongen voor en Armand Pansegrouw en Koos de Kok agter

“In 2018 wil ons almal groei in ons menswees en ook nader aan God wees. Die gr 5’s wil seker maak dat almal kan sien dat ons God in ons harte het en dat elke een hier is om ‘n verskil in iemand ander se lewe te maak(groot of klein). En bowens alles, die jaar te geniet en ten volle te leef,” vertel Susan van den Berg die Gr 5 gradevoog. Haar leuse is dit vat ‘n groot hart on klein mensies tevorm.

Die Gr 5 personnel van PLS. Ronell Boonzaaier, Susan van der Merwe en Tinus du Toit en agter Marisa Weppener en Lindie Smith.

“Dit is ons doen om elke graad 4 leerder te help, ondersteun en onderrig sodat elkeen ‘n gelukkige ind kan wees. Ons wil ook sien dat die leerdsre elke stap van die nuwe fase in hul lewe met selfvertroue sal aanpak en voltooi. In gr 4 word die basis gelé vir hulle skool loopbaan. Ons wil die leerders leer en lei om hierdie eerste trappie met sukses te klim op die leer na ‘n blink toekoms,” vertel Linda Myburgh die graadhoof.

Die gr 4 personeel van PLS.Johanna Schutte en Linda Myburgh voor en Marietjie de Witt en Ernie van der Merwe agter.

“Van gr. R af word ‘n kind geskaaf en gevorm om die beste weergawe van homself te wees. Ons het dus ‘n kind holisties ontwikkeling om ‘n aanwins te wees so die jaar rond ons af aan die leerders. Ons rond af soday ons hom of haar met vrymoedigheid Hoërskool toe kan stuur as ‘n ambassadeur van goeie Christelike waardes en normes. Die akademiese en sport program is vol die jaar en tydsbestuur is van kritiese belang. So leerders, skouer aan die wiel en maak jou laaste laerskool jaar, jou beste ooit, want voor jy jou oë uitvee is jy in die hoërskool,” is die boodskap van die Gr 7 personeel van PLS.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button