Local NewsNews

Bejaarde verloor byna als in brand

‘n Bejaarde inwoner van Mokopane het Woensdagaand net voor 21:00 bykans als verloor toe daar ‘n brand by haar woonstel ontstaan het.

MOKOPANE – Bosveld was kort na die brand op die toneel en het met die geskokte Elsie Houghton, van Soetdoring Woonstelle gesêls.

Houghton sê sy het by kerslig gelees toe die kers omgeval het en haar beddegoed aan die brand gesteek het. Die vlamme het baie vinnig versprei en baie van haar besittings het in die slag gebly.

Marcelle Maritz, Limpopoleier van Vryheidsfront Plus, was ook op die toneel en het vinnig werk daarvan gemaak om vir Houghton tydelike verblyf te reël. “Ek bedank graag die volgende besighede en instansies wat dadelik hulp aangebied het. Mogalakwena Munisipaliteit wat tydelike verblyf gereël het tot Houghton se woonstel gerestoreur is, Promeanent Paint vir die skenking van verf, Rian van Heerden, eienaar van Doen dit met Rian, wat aangebied het dat sy werkers die woonstel sal verf, Des Williams van Glass and Alluminium 2000 vir die vervanging van die ruit, Ivan Bower van Cleaning Company vir skoonmaakmiddels, Wimpie Engelbrecht, bestuurder van die Dienssentrum vir Bejaardes, wat etes skenk en die Gereformeerde Kerk-Wes gemeente wat arbeiders gebring het om met die skoonmaak van die woonstel te help. Die Vryheidsfront Plus skenk ‘n bed, linne en 10 etes vir Houghton,” he Maritz gesê.

Des Williams, (Eienaar of Glass and Aluminium 2000), Elsie Houghton, Marcelle Maritz, (Limpopo Leier van Vryheidsfront Plus), Rian van Heerden, (Eienaar van Doen dit met Rian).

Volgens Maritz benodig Houghton nog klere aangesien van haar klere in die brand vernietig was. “Ek dink sy sal ook kruideniersware benodig aangesien van die produkte bederf het deur die rook en hitte.” Die wat skenkings wil maak kan Maritz by 078 617 8682 kontak.

Glass and Aluminium 2000 het spoedig hulle diens aangebied om die stukkende ruit te vervang.

Lees die volle berig in volgende week se Bosveld Review.

redaksie.bosvelder@nmgroup.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button