Local NewsNews

Passie lei tot stad se eerste wondkliniek

As dit by wondversorging met 'n passie kom staan, suster Vidette Venter en Barbara Beukes vir niks terug nie.

POLOKWANE – Albei is gesoute wondversorging-verpleegsters met sowat 30 jaar elk ondervinding in die bedryf.

Saam het hulle die Wondkliniek in Burgerstraat 71 begin, en behandel hul tans pasiënte met ‘n verskeidenheid wonde.

Vidette het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en as verpleegster gekwalifiseer.

Sy het as student reeds besef dat sy ‘n passie het vir wondsorg en vertel dat, om wonde skoon te kry en te versorg, haar baie na aan die hart lê.

“Met elke besoek moet die wond herevalueer word om vas te stel of die behandeling verander moet word en of die huidige behandeling resultate gee.

“Brandwonde is vir my die ergste reeds omdat dit so pynlik is, en vir kinders is die trauma om elke keer die wond skoon te maak vreeslik erg, hulle dink ek maak hul seer en verstaan nie ek help eintlik nie.”

Vidette vertel dat een van die grootste uitdagings wonde is wat nie gesond word nie as gevolg van onderliggende siektes, en leefstylgewoontes van die pasiënte waaraan sy as wondverpleegster niks kan doen nie.

Wondsorg is baie kompleks daar is verskillende fases en in elke fase moet spesifieke produkte en middels gebruik word, maar sy hou vol dat dit nie hulle is nie maar eerder die pasiënte se liggame wat die genesing verskaf.

Lees meer: Hanti al 47 jare deel van SAVF

Barbara het by die SG Louwrens Verpleegkollege studeer en het vir 15 jaar by Mediclinic gewerk waarna sy besluit het dat dit tyd vir ‘n verandering is.

Sy en Vidette het koppe bymekaargesit en weens die aanvraag vir ‘n wondkliniek besluit om ‘n praktyk te begin.

“Ek het nooit geweet dat daar pasiënte is wat al vir tussen 25 en 30 jaar sukkel met ‘n wond wat nie wil genees nie. Aan die begin was dit vir my traumaties om die pasiënte so in pyn te sien, ek het gedink as dit erg is vir my, hoe erg moet dit nie vir hulle wees nie. Maar om die vordering en uiteindelik geneesde wond te sien, is die grootste motivering om aan te hou en mense te help.”

Daar is ook ‘n groot aanvraag vir pasiënte wat uit die hospitaal ontslaan is en steeds wondversorging benodig.

Die kliniek is beskikbaar aan alle pasiënte maar die meeste gevalle is pasiënte met diabetes wat sere en wonde ontwikkel.

Een van die gevalle wat hul altyd sal bybly is ‘n brandwondpasiënt waaraan hulle meer as vier ure saamgewerk het om al sy wonde te versorg.

Hulle meen by die Wondkliniek word daar gereeld saamgelag en saamgehuil.

“Dit gaan nie net oor die wonde nie – dit gaan oor elke individuele persoon, as daar depressie is word wonde nie gesond nie so ons beur die pasiënte soveel moontlik op in ‘n positiewe manier.

“Bande van waardering en dankbaarheid word gesmee en Lize Botha, die administratiewe klerk, vertel dat daar al vele kere was dat mense vir hulle koeke en terte aan dra in gebaar van dankbaarheid.

“Ons is ‘n familie hier by die Wondkliniek wat so ver moontlik ‘n verskil wil maak en soveel moontlik mense help.”

Soms neem mense hul gesondheid vanselfspreekend, en ander moet deur vreeslike trauma gaan om te genees, ons wil die publiek laat weet ons is hier, ons wil help en ons sal worstel met wonde totdat dit ten volle genees is, sluit Barbara af. Vir verdere inligting kontak die Wondkliniek by 084 236 8780 of stuur ‘n e-pos aan woundcarebv@gmail.com.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button