Local NewsNews

‘Pledge’ ‘n kersbederf vir vierpoot-vriend

Die kersbokse sal gedeel word tussen Lostandfoundlittlefriends, Catsnip en Diva Animal Project.

POLOKWANE – Vir soveel mense is hul troeteldier deel van die familie. Hulle bly in die mense se huise, kry dikwels ‘menskos’ en gaan selfs saam met vakansie.

Baie van die diereliefhebbers glo daaraan om op hul troeteldier se verjaarsdag vir hom of haar ‘n bederf te koop en Kerstyd is daar ook dikwels iets vir hul onder die boom.

Ongelukkig is daar baie diere wat elke Kersfees sonder ‘n bederf, of selfs ‘n liefdevolle huis, moet spandeer. Hierdie is diere wat in skuilings opeindig, by die Dierebeskermingsvereninging of ander rehabilitasie sentrums.

Santapaws is ‘n organisasie sonder winsbejag waar mense ‘n belofte kan maak om ‘n spesiale geskenkboks vir ‘n troeteldier te pak.

Chantel van Deventer van House Angels het onlangs geregistereer om hierdie bokse in Polokwane in ontvangs te neem.

Wat moet in die boks wees:

• Twee lekkernye.

• Iets warm soos ‘n kombers of trui.

• Iets prettig soos ‘n speelding.

• Iets nuttig soos ‘n waterbak of leiband.

• Iets opsioneel vir die personeel.

“Daar is al 21 mense wat beloof het om ‘n boks te pak en ek is vreeslik opgewonde. Ons gaan die bokse verdeel tussen Lostandfoundlittlefriends, Catsnip en Diva Animal Project. Hierdie organisasies gaan uit hul pad om ons dierevriende in en om Polokwane te help sonder om geld te vra.”

Mense wat nog bokse wil pak kan gaan ‘pledge’ by www.santapaws.co.za.

Bokse kan afgelgewer word by House Angels, Harley Street 215, Kleen Place 7B, Eduan Park Polokwane. Vir meer inligting kontak Chantel by 072 025 6341.

Laai die bokse af van Maandag tot Vrydag tussen 07:00 en 18:00 of Saterdag van 09:00 tot 12:00.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button