Local NewsNews

Briljante besigheidsidee ‘pop’ by man, dogter op

Met jou eerste tree in die Popit Popcorn kombuis, word jou reuk- en smaaksintuie onmiddellik deur die aroma van die springmielies geterg.

POLOKWANE – Fonnie Smuts en haar ma Fonnie Oosthuizen, het hulle konstruksiekantoor in ‘n springmieliekombuis omskep waar hulle tans aan verskeie skole en besighede gereeld, springmielies verskaf. “Ek het nooit geweet dat die springmieliebedryf so sou vlamvat nie. Die kinders stuur tot boodskappe vir my gedurende vakansies,” vertel Fonnie.

Volgens Fonnie het haar man se tannie altyd springmielies gemaak en dit is presies waar die idee vandaan kom.

Hulle het so dan twee jaar gelede, besluit om die onderneming aan te pak. “Ons het tot die vroeë oggendure in my ma se kombuis springmielies gemaak,” spot sy.

Die naam ‘Popit Popcorn’ het volgens haar net soos die springmielies in haar gedagtes ingespring en hulle het daarna besluit om dit te hou. “Wanneer kinders my in die strate sien maak hulle aanmerkings soos ‘daar is die popcorn tannie’,” vertel sy.

Net soos enige onderneming, is daar altyd uitdagings wat deel van die besigheidspakket vorm. Dié onderneming se uitdagings is om die regte resepte uit te werk en soos wat ‘n persoon sou verwag, om die olie op die regte temperatuur te hou. ‘n Ander uitdaging is die aflewerings, waarmee haar man voorheen doenig was. Popit Popcorn het tans 15 verskillende geure en het drie ander geure, sjokolade, ‘turkish delight’ en druiwe wat nog in die ontwikkelingsfase is.

Die onderneming se grootste mark is skoolkinders wat geure soos botter, biltong en sout en asyn verkies. Dié kinders is egter baie kieskeurig en die top verkopers wissel soms. “Ek eet natuurlik nog springmielies, alhowoel ek nooit kon raai dat dit in ‘n besigheid sou verander nie,” sluit sy af.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button