Local NewsNewsUpdate

Borrelende baba Mia ‘n halwe jaar oud

Ses maande gelede het Christelle Swanepoel en Louis le Grange nie gedink dat hulle op Woensdag, 8 November, hul eersgebore dogter, Mia in hul arms sou vashou nie.

POLOKWANE – Mia is op 8 Mei op 26 weke in Mankweng Hospitaal gebore. Kort na haar geboorte is sy danksy die gemeenskap, wat genoeg geld ingesamel het, oorgeplaas na Limpopo Mediclinic.

Kort na Mia se geboorte is daar vermoed dat haar regterbeen by die knie gedislokeer is.

Lees meer: Baba Mia se eerste keer by die huis na twee maande

Die been is behandel, maar Christelle sĆŖ dokters het egter nou bevestig dat die been gebreek is.

“Sy gaan binnekort ‘n sjirurg sien om vas te stel watter behandeling sy moet kry.

“Die sjirurg het reeds vir my gesĆŖ dat daar ‘n 50% kans is dat die been self gaan regkom, indien dit nie die geval is nie, gaan hulle eers kan opereer wanneer Mia ‘n jaar oud is,” vertel Christelle.

Mia het, nadat sy ontslaan is, nog baie blou in die gesig geword wanneer sy slaap, maar Christelle vertel met ‘n glimlag dat dit nie meer die geval is nie.

Lees meer: ā€˜Ek het nooit gedink mense kan so saamstaan nieā€™, sĆŖ baba Mia se ma

“Sy het wel asma ontwikkel, maar die dokters sĆŖ dat dit normaal is vir ‘n vroeggebore baba en dat sy dit sal ontgroei. Ons het gedink sy gaan sieklik wees, maar sy is eintlik baie gesond.”

Mia het ook onlangs begin vaste kos eet en Christelle vertel dat sy groente meer as vrugte geniet.

“Sy pas nou eers in pasgebore-klere en behaal ook nou eers haar driemaandemylpale. Ek verwag dat sy eers nadat sy ‘n jaar oud geword het sal begin loop. Ek is glad nie bekommerd dat sy nie haar ses-maande mylpale behaal het nie.”

Christelle vertel dat sy steeds ‘n tuisblymamma is en dat sy nog nie met ‘n geruste hart vir Mia in ander se sorg kan laat nie. Die gesin het nog baie mediese uitgawes aangesien van die labratoriumtoetse eers geĆ«is is nadat Mia uit die hospitaal ontslaan is. “Die uitgawes beloop sowat R80 000.”

Mia is ‘n gelukkige baba wat daarvan hou om met haar ouers te gesels.

Lees meer: Hulp bly instroom vir baba Mia

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button