Local NewsNews

Wie is Jo Black?

Die bekende sanger, Jo Black, het onlangs vir ‘n stampvol saal kom optree vir die M*A*N mannebediening.

POLOKWANE – Hierdie optrede het met #SwartMaandag gepaard gegaan en Jo en sy orkeslede het besluit om swart ter ondersteuning te dra. Sy wel-bekende liedjie, Bring die hoop weer terug, pas in by die algemene gevoel van Suid-Afrikaanse boere, maar hy vertel dat dit nie daaroor gaan nie.

“Ek het die liedjie reeds lank terug geskryf en dit handel daaroor dat niemand meer hoop het nie want ons weet nie regtig wat die word beteken nie. Ons gebruik die woord hoop te maklik en daarom het dit betekenisloos geraak,” verduidelik hy.

https://www.citizen.co.za/review-online/236985/fotos-jo-black-inspireer-inwoners/

Jo vertel dat alhoewel hy soms ‘n ‘oornagsensasie’ genome word, het hy hard gewerk om als te bereik en te kom tot waar hy vandag is.
“Ek sing al baie jare maar die regte persoon het my op die ouderdom van 34 in ‘n donker kroeg raakgesien en my liedjies het meer bekend geraak.”

Op die verhoog vertel Jo dat hy vir baie jare ‘n attëis was, maar dat hy eendag by ‘n braai toevallig die storie van die Verlore Seun gehoor het en so sy pad na die Here terug gevind. Hy is getroud en het twee dogters waaroor hy gereeld gedurende sy vertonings praat.

Jo se eerste optrede was op 15 Februarie in Wolmaranstad saam met Die Heuwels Fantasties en hy vertel dat dit onvergeetlik was. Een van die kere wat hy baie skaam gekry het, was toe hy homself op die verhoog weerspreek het. Alhoewel dit vernederend is gee dit hom en sy groep, asook die gehoor, iets om oor te lag.

Sy gunsteling liedjie is Bruce Springsteen se Secret Garden, maar sy eie liedjie, Vrede Vind lê hom na aan die hart. “Dit is ‘n baie sentimentele liedjie en ek het dit vir my oupa, by wie ek vir jare gebly het, geskryf.”

Hy hou van musiek met diepte en baie emosie soos musiek deur sangers soos Bruce Springsteen en Blue October. Sy inspirasie kom van die mense rondom hom en hy vertel dat hy dikwels na hulle sit en kyk en homself in hul situasies indink.

“Ons as musiekgroep het al baie optredes saam gehad, so voor ‘n optrede bel ons almal ons vroue en speel speletjies of maak grappe.”

Jo vertel staaltjies en deel raad oor die lewe met die gehoor tydens sy optrede wat elkeen ‘n unieke karakter bied. “Alles gaan oor karakter, dit gaan meer oor wie jy is en nie wat jy is nie.”

Jo Black saam met twee van sy aanhangers, Denay Steyn en haar broer, Marco.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button