Local NewsNewsUpdate

Lorraine sterk aan na eerste behandelings

Lorraine van Rooyen, 'n 19-jarige jong vrou, is ongeveer vier maande gelede met 'n gewas op haar brein gediagnoseer.

POLOKWANE – Lorraine het in Mei van hoofpyne begin kla, maar daar is nie dadelik onraad vermoed nie. Driena, Lorraine se ma, vertel dat die hoofpyne so erg geword het dat Lorraine nie kon werk nie en Driena het haar na verskeie dokters geneem.

Nadat Lorraine epileptiese aanvalle begin kry het, is sy na die hospitaal gehaas.

Sy is by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal opgeneem omdat sy nie ‘n mediese fonds het nie. Hier het sy verskeie toetse ondergaan. Om te help dat die vog van haar brein af kon dreiner het dokters vir haar ‘n dreineringspyp ingesit. Dié het verstop geraak en sy het op 28 Augustus ‘n operasie ondergaan om die dreineringspyp skoon te maak.

Die gewas op haar brein is van so ‘n aard dat dit nie met ‘n operasie verwyder kan word nie en op 4 September het Lorraine met haar eerste bestralingsessie begin.

https://www.citizen.co.za/review-online/225409/lorraine-benodig-nog-hulp/

“Sy is baie swak maar ons bly positief,” vertel haar ma.

Driena voeg by dat hulle Lorraine na die Steve Biko Hospitaal in Pretoria wou laat oorplaas maar dat sy te swak is om tans vervoer te word.

“Dit is tog asof ons verbetering kan sien in Lorraine. Sy het weer gister met ons gesels, maar die aand het die susters by die hospitaal ons laat weet dat sy sukkel om asem te haal en dat hulle haar na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas het. Volgens die dokter word die asmehalingsprobleem veroorsaak omdat sy geen oefeninge kry nie en haar longe dus verswak.”

Driena vertel dat dit ‘n moeilike tyd vir haar en haar gesin is. Haar verloofde verdien ‘n klein salaris en sy het vier ander kinders wat nog op skool is. Hulle bly bykans 40 km buite die stad wat brandstof heen en weer ‘n groot uitgawe maak.

“Alhoewel daar nog ‘n lang pad voorlê gaan dit wel beter met Lorraine. Ons bly hoop en vertrou dat alles goed sal gaan.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button