CrimeNews

PHS nuutste teiken van rowers

Daar is ondersoek ingestel en gevind dat PHS een van 'n string skole is wat die afgelope paar maande onder inbrekers deurgeloop het.

POLOKWANE – Personeel van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Vrydag, 25 Augustus met ‘n skok besef dat by die skool ingebreek is nadat een van die onderwysers aangemeld het dat hy nie op die skool se bediener rekenaar (server) kon werk nie.

Daar is ondersoek ingestel en gevind dat PHS een van ‘n string skole is wat die afgelope paar maande onder inbrekers deurgeloop het. Die skool se bediener (server) en ‘n skootrekenaar was van die goedere wat die rowers gebuit het.

Dit is bevestig dat die rowers deur een van die vensters toegang tot die kantoor verkry het en dit lyk asof hulle vooraf geweet het waar die items wat hulle gesteel het was.

PHS Skakelbeapte, Anna-Marié Schoeman, het aan Review vertel dat hulle vermoed die inbraak het in die middag plaasgevind.

“Ons is tans saam met die sekuriteitsmaatskappy besig met die ondersoek en om die kameras se beeldmateriaal te hersien om seker te maak die booswigte word vasgetrek,” het sy gesê. Sy het ook gesê die skool sal ‘n kriminele saak by die polisie aanhangig maak.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button