Local NewsNews

Sonnika laat son oor ander skyn

Sonnika Fox, ma van twee, kan nie sien hoe ander swaarkry nie, en dit is die rede waarom sy gemeenskapsdiens doen.

POLOKWANE – “Ek het ‘n sagte hart en hou nie daarvan as mense swaarkry nie. Ek maak van Facebook gebruik om items vir mense in te samel wat nie het nie, ek is ‘n Facebook-bedelaar,” skerts sy.

Sonnika is een van die Mev. Polokwane 2018 finaliste en vertel dat haar kliënte haar vir die kompetisie ingeskryf het. Haar man, Francois, is baie opgewonde en sy vertel dat haar kinders dink sy is ‘n prinses.

“Nadat my kliënte my ingeskryf het, het ek besluit om met die kompetisie voort te gaan aangesien ek ander vroue kan bemoedig. Dit skakel in by my liefdadigheidsprojek, die Ngwana Babahuis is. Kinders lê my baie na aan die hart en ek wil alles in my vermoë doen om daardie kinders te help.”

Sy vertel dat sy baie verbaas en verras was om te hoor sy is in die top 10 en dat sy uitsien na die reis wat voorlê.

“Ek is baie opgewonde oor die Mev. Polokwane reis. Dit is ‘n reis vol geloof en liefde, eerstens in jou Vader, dan in jouself en jou medemens. Deur Mev. Polokwane word ek blootgestel aan ‘n verskeidenheid liefdadigheidsorganisasies en ek het die hulp en ondersteuning van die gemeenskap om dié organisasies te kan help. Nou is ek nie meer net in my eie kapasiteit nie maar is deel van ‘n eenheid. Dit is vir my ongelooflik mooi om te sien hoe vroue kan saamstaan, vroue is magtig genoeg om n verskil te maak. Hierdie reis sover is vir my wonderlik, insiggewend en ek leer ongelooflik baie, nie net van liefdadigheid nie maar ook van myself en my eie persoonlike vermoë.”

Haar raad aan ander vroue wat aan die Mev. Polokwane kompetisie wil deelneem is om bereid te wees om hard te werk end at hulle ‘n goeie hart en passie vir die gemeenskap moet hê.

“My grootste droom wat ek wil bereik met Mev. Polokwane is om kinders te help. Daar is ongelooflik baie kinders wat wees, siek en behoeftig is. In my hart wil ek ieder en elk van hulle help om ‘n beter toekoms te hê. Deur Mev. Polokwane sal dit baie moontlik wees om groter groepe kinders by te staan. Ek wil ook by ander organisasies inskakel en hulle help waar ek kan. As ‘n groep of instansie kan ‘n mens baie meer berreik as wat ‘n mens kan as ‘n individueel.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button