Local NewsNews

Baba Mia se eerste keer by die huis na twee maande

Mia is op Woensdag, 5 Julie, uit die hospitaal ontslaan.

POLOKWANE – Drie dae voor haar tweemaandeverjaarsdag het Mia le Grange se familie die goeie nuus gekry dat sy huistoe kan gaan.

Mia se storie het die gemeenskap laat saamstaan om haar vanuit die staatshospitaal na die Limpopo Mediclinic se neonatale intensiewesorgeenheid te laat oorplaas na haar ma se nagmerrie-ervaring.

Mia le Grange sterk goed aan in Mediclinic Limpopo te danke aan die gemeenskap se onbaatsugtige skenkings.

Haar ma, Christelle Swanepoel, vertel dat sy dankbaar is dat hulle as gesin uiteindelik kan huis toe gaan.

“Ek het nie woorde om te sê hoe dankbaar ek is dat Mia Muis saam met ons huis toe kan gaan nie. Die hospitaalpersoneel het ongelooflik baie vir ons gedoen en ons waardeer alles.”

Read more: ‘Ek het nooit gedink mense kan so saamstaan nie’, sê baba Mia se ma

By Mediclinic Limpopo was Mia op ‘n ventilator geplaas, vir longontsteking behandel en het sy bloedoortappings ontvang om haar te help aansterk nadat sy op 26 weke te vroeg gebore was en slegs 900 g geweeg het.

You might want to read: Hulp bly instroom vir baba Mia

Sy is op Maandag, 5 Julie, drie dae voor haar tweemaandeverjaarsdag, uit die hospitaal ontslaan met ‘n gesonde gewig van 1,73 kg.

Mia se pa, Louis le Grange, was saam met Christelle om vir Mia by die hospitaal te gaan haal en huistoe te neem en hy vertel Christelle het behoorlik van jolyt gedans toe hulle die goeie nuus ontvang het.

“Haar babakamer is gereed met ‘n wiegie en als. Sy is gesond en drink glad nie medisyne nie en ons is bitter opgewonde om die lewe voluit as ‘n gesin saam aan te pak,” sê hy met ‘n glimlag.

Die personeel van Mediclinic Limpopo se neonatale intensiewesorgeenheid wie na Mia se gesondheid omgesien het. Voor is Louis le Grange (Mia se pa), Christelle Swanepoel (Mia se ma), Istha McMillan (Limpopo Mediclinic, Pasiënt-ondervindings Bestuurder) en Dorcas Mbodi (Limpopo Mediclinic neonatale intensiewesorgeenheid, Bestuurder).

Ondanks die goeie nuus dat Mia nou kan huistoe gaan is daar steeds uitstaande mediese koste wat oor die gesin se kop hang, dus word die gemeenskap gevra om steeds bydrae vir Mia te maak.

“Ons is dankbaar vir al die ondersteuning wat ons van die gemeenskap af ontvang en ons vertrou hulle sal die pad met ons aanhou stap tot Mia volkome herstel het,” sê Christelle.

Donasies kan by Child Medi Organisation se rekening inbetaal word.

Bankbesonderhede:

Child Medi Organisation.

FNB Tjekrekening.

Rekeningnommer: 626 325 810 56.

Takkode: 250655.

Swift-kode: firnzajj.

Verwysing: Baba Mia.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button