Local NewsNews

Chantelle styg uit bo haar omstandighede

Al was haar skool jare moeilik, het Mev. Polokwane 2018 finalis, Chantelle Ströh, besluit om nie in die verlede te leef nie, maar uit te styg bo haar omstandighede.

POLOKWANE – “As kind het ons vreeslik baie getrek, nadat ek en my man Stefan getoud is het ons besluit om nes te skrop in Phalaborwa waar ons vir lank gebly het. Ons het ongeveer vier jaar gelede na Polokwane verhuis.”

Chantelle is ‘n bestuurder by ‘n plaaslike motorhandelaar, Madiba Motors en haar hart se punt is haar dogtertjie, Lynnmarié. Sy en Stefan is al amper 14 jaar getroud. Sy vertel dat as kind hulle nie baie geld gehad het nie  en daarom het sy ‘n liefde ontwikkel om te help waar sy kan en terug te gee aan haar gemeenskap.

“My projek is Vision of Hope Polokwane, om inwoners van shelters en veral kinders te help, lê my baie na aan die hart. ‘n Ander passie van my is om aandrokke aan minderbevooregte vroue en matriekmeisies te verskaf. Ek wil graag mense help wat dit nie self kan bekostig nie.”

Sy vertel dat sy besluit het om in te skryf vir Mev. Polokwane om haar projek, Vision of Hope beter blootstelling te gee. Stefan was baie opgewonde en het haar aangemoedig om voluit te gaan met die projek. Sy woorde aan haar was “as jy dit wil doen, my vrou, dan doen jy dit.”
“Ek was baie verbaas om te hoor dat ek  ‘n finalis is, ek het dit glad nie verwag nie. My raad aan ander vroue wat ook wil inskryf is om dit net te doen. Ek leer alreeds soveel dinge, soos hoe om geleenthede te organiseer en met verskillende groepe mense te werk. Ook het ek geleer dat ek uit my boksie moet klim.”

In haar vrye tyd spandeer sy tyd saam met haar familie en vriende.

Maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button