Local NewsNews

‘Mamma, ek verlang na jou’

Rolf Wiers gesels oor hoe sy familie die dood, Tanya, verwerk

POLOKWANE – Vir 23 jaar was Tanya en Rolf Wiers deel van mekaar se lewens tot 10 dae voor hulle 21ste huweliksherdenking.

Tanya is op 7 Februarie wreedaardig in hul familiehuis in Eduanpark vermoor en Rolf vertel dat sy ‘n geweldige leemte in hul huis en lewens laat.

Lees meer:
Eduan Park murder suspect in court

“Ek onthou ons laaste naweek saam, dit was een van die lekkerste naweke in my lewe. Sy was gek daaroor om te braai en ek onthou ons het die Saterdagaand ‘n vuur aangesteek en gebraai. Ons het baie gesels en sy het onder andere, spottensgewys, vir my gevra wat ek sou doen as sy sou doodgaan. Ek het nog saam gespot en gesê ek gaan vir my ‘n 21-jarige blond kry om na die kinders te kyk,” sê Wiers.

Hy vertel day sy die Sondagmiddag voor hy moes terug ry Mbombela toe, gekook het en dat die gesin lekker saam gekuier het.

“Ons het ‘n bietjie na middagete gaan lê en sy het my gevra ek moet haar vas hou. Teen die tyd wat ek moes ry het sy my so mooi gevra om nie te ry nie, maar ek moes.”

Gedurende hul laaste naweek saam het sy ook vir hom gewys waar die leêr met al hulle dokumente, insluitende bankbesonderhede, polisse ensovoorts in, gebêre word.

Lees meer:
Wiers murder: ‘She would only open for someone she knew’

Wiers murder case postponed

Rolf onthou die dag toe sy oudste dogter, Bianca, hom bel om te sê haar ma antwoord nie haar foon nie.

“Ek het haar ook probeer bel, sonder sukses, en toe na ons huistelefoon gebel. Hier het my seun, Rolf, geantwoord en sy woorde aan my was ‘sy het haar keel afgesny’. Ek het nie mooi verstaan nie, en hy het vir my ‘n foto van haar gestuur. Ek het haar niggie gekontak om te gaan kyk. Ek het onmiddellik begin om terug na Polokwane te ry, maar was so veward dat ek gedurig verdwaal het. Ek wou net by my gesin uitkom. Die polisie het my kort-kort gebel en toe ek by Kranskop kom, toe begin ek simpatie-boodskappe kry. Dit was een van die ergste dinge wat ek beleef het,” onthou hy.

Wiers vertel die gesin het kort na die aanval na ‘n ander huis getrek. “Die kinders wou nie eers hulle eie goed pak nie. Ek het, terwyl hulle in die skool was, alles vir hulle gepak. Tanya se klere het ons weggepak, en haar juwele, parfuum en grimering is vir ons meisiekinders gegee.”

Hy vertel dat Tanya ‘n liefdevolle mens was wie gedurig die kinders met take en skoolwerk gehelp het. Sy was ook betrokke by Laerskool Pietersburg waar Karla, hul jongste dogter, ‘n leier is. Sy was ook betrokke by die kerk.

Lees meer:
Wiers-tuinier dalk ‘n medepligtige

Wiers murder: judgement for bail on Friday

Hy vertel dat hy kwaad is vir wat gebeur het en vir die menslike element in alles. “Ek kan nie verstaan hoekom sy uit ons lewens geruk is nie. Ek glo hier is ‘n lewensles om te leer, maar ek weet nie wat die les is nie. Sy was gek oor die see en ons laaste vakansie was by Namakwa Natuurreservaat.”

Oor wat die toekoms vir die Wiers-gesin inhou, weet Rolf nie. “Ek het nie planne nie. Ek weet nie wat om te verwag nie, ons lewe in hoofstukke, en die hofsaak is nou die volgende hoofstuk. Ons het baie vrae, maar voel baie positief oor die hulp wat ons van die gemeenskap en skole ontvang.”

Die hofsaak word weer op 26 Mei hervat.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button