Hoërskool Hans Strijdom se rugbyspelers wat gekies is om saam na Frankryk en Spanje te gaan toer. Hier is Robert Gower (Hansieweek bestuurslid), Keena Brand, Pieter Niemand, Tobias Swan, Marko Benadie en Skoolhoof George Klopper. Foto's: Riana Potgieter
MOKOPANE – Wentrofeë is ook aan die beste spanne in die verskillende ouderdomsgroepe oorhandig, asook aan die top spelers.
Mauritz Hansen na wie die Hansieweek vernoem is, kondig die vyftiental aan wat vanjaar oorsee gaan toer.
Die eersterugbyspan van Hoërskool Hugenote van Springs is vanjaar se Hansieweek-rugbykampioen na ‘n prag oorwinning in die eindstryd teen Hoërskool Zwartkop van Centurion.
Die finale van die 25ste Mauritz Hansen rugbyweek met die beste spanne in die verskeie ouderdomsgroepe wat mekaar goed opgekeil het, is verlede Saterdag op die A-veld van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gespeel.
Die uitslae van die ander top spanne wat mekaar in die finaal gepak het, is as volg:
• Tweedespan: Hoërskool Zwartkop van Centurion teen Hugenote van Springs (eindtelling 23-9).
• o/16: Oos Moot van Pretoria teen Frikkie Meyer van Thabazimbi (eindtelling 30-12).
• o/15 Ben Vorster van Tzaneen teen Oos Moot van Pretoria (eindtelling 41-12).
• o/14 Zwartkop van Centurion teen Pietersburg Hoër( eindtelling 40-5).
Die Will Henry-wisseltrofee vir die skool met die beste spangees en dissipline is deur Northcliff High van Johannesburg opgeraap vir hulle uitmuntende optrede.
JB du Toit van Hoërskool Frikkie Meyer was die beste o/16-speler van die week. Mokone du Preez van OK Grocer doen die oorhandiging.
Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen se o/15’s was die beste in hulle ouderdomsgroep. Robert Gower, bestuurslid van die Hansieweek (regs) oorhandig die trofee.
Jan-Hendrik Ebersohn van Hoërskool Hans Strijdom is aangewys as die beste o/15-speler van die week. Mokone du Preez van OK Grocer op Mookgophong oorhandig sy trofee.
Ronnie Wilson van Hoërskool Zwartkop is aangewys as die beste o/14-speler. Mokone du Preez van OK Grocer op Mookgophong oorhandig sy trofee.
Edmund Ludick van Hoërskool Oos Moot in Pretoria is nie net die speler van die week nie, maar ook as die beste agterspeler van die week aangewys. Hier ontvang hy sy trofee van Mokone du Preez.
Hoërskool Oos Moot se o/16’s het koning gekraai. Mauritz Hansen, stigter van die Hansieweek, oorhandig die span se wentrofee.
Hoërskool Hans Strijdom se rugbyspelers wat gekies is om saam na Frankryk en Spanje te gaan toer. Hier is Robert Gower (Hansieweek bestuurslid), Keena Brand, Pieter Niemand, Tobias Swan, Marko Benadie en Skoolhoof George Klopper. Foto’s: Riana Potgieter
Die voorspeler van die week, Rando Bergh van Hoërskool Hugenote in Springs, ontvang sy prys van Mokone du Preez van OK Grocer op Mookgophong.
Robert Gower, Hansieweek bestuurslid (regs), oorhandig die wentrofee vir die beste o/14-span aan die kaptein van Hoërskool Zwartkop.
Die Hansieweek se eerstespankampioen is Hoërskool Hugenote van Springs. Skoolhoof George Klopper oorhandig die spogtrofeë.
Heino Raubenheimer van Hoërskool Zwartkop ontvang sy trofee as die beste tweedespanspeler van die week van Mokone du Preez van OK Grocer op Mookgophong wat al die medaljes en trofeë geborg het.