Local NewsNews

Riool besoedel dam in woonbuurt

Inwoners sê hulle die probleem al vir die laaste drie maande aan die munisipaliteit gerapporteer het.

POLOKWANE – Die inwoners van Faunapark en die Serala View kompleks se humeure loop hoog terwyl afvoerdreine oorloop en in plaaslike damme oorspoel.

Die plaaslike dam op die hoek van De Wet Rylaan en Marshallstraat se omgewing, is heel moontlik reeds besmet met rioolwater, wat van ‘n drein wat naby aan die dam is, oorloop.

Die dam is die tuiste van ‘n groot verskeidenheid voëls en visse, en baie van die inwoners vang gereeld daar vis. Sommige gebruik self die vis as voedsel wat beteken dat hul gesondheid in gevaar kan wees.

Een van die inwoners het met Review gesels en vertel dat die munisipaliteit eers ‘n dreingat lanks die straat herstel het, maar toe het die drukking veroorsaak dat ‘n ander drein naby die dam, begin oorloop.

Die drein wat oorloop van die riool wat dan later in die naby geleë dam spoel.

“Buiten die geval dat die riool die water van die dam besmet, gee dit ook ‘n verskriklike reuk af in die omgewing, veral in die oggende wanneer ons gereed maak om werk toe te gaan,” vertel hy.

Verder sê hy dat hulle die probleem al vir die laaste drie maande aan die munisipaliteit gerapporteer het, maar niks is aan die saak gedoen nie. “Dit is nie net die reuk wat ons pla nie, maar die mense wat die dam gebruik om vis te vang vir huishoudelike verbruik wat ook baie siek kan word,” sluit hy af.

Die munisipaliteit sal later kommentaar lewer.

calvyn@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button