Bosveld SportLocal sportSport

Kom geniet die buitelug

Die Mokopane Fietsryklub nooi alle fietsryers uit om saam te kom trap. Die klub se aktiwiteite en beplanning is as volg:

MOKOPANE – Die klub se aktiwiteite en beplanning is as volg:

• Klublede en nie-lede vertrek elke Maandag tot Vrydag 05:00 vanaf die sirkel in Pretoriusstraat vir ‘n oefening van so ongeveer ‘n uur. Maandae, Woensdae en Vrydae word hoofsaaklik die Uitkyk/Percy Fyfe roete gebruik. Dinsdae en Donderdae die Planknek/Maribashoek roete. Alle fietsryers van beginners tot ervare ryers is welkom.

• Elke Donderdagmiddag vanaf 17:30 tot 18:00 vind ‘n tydtoets plaas vanaf die Thorny Bush Estate se ingang in Pretoriusstraat na die vliegveld toe en terug. Almal is welkom.

• Daar word ook later in die jaar ‘n kliniek beplan om fietsryers se vaardighede te verbeter. Inligting hieroor sal later bekend gemaak word.

• Op 6 Mei word ‘n projek beplan om in een dag vanaf Beitbrug tot in Kaapstad te ry. Dit word aangepak deur verskillende groepe ryers wat vanaf 07:00 op verskillende punte van die roete gelyk wegspring en dan te ry tot waar die volgende groep weggespring het.

Die ryers van Mokopane se been strek van Mokopane af tot by Warmbad.

Alle belangstellendes word uitgenooi om die dag oop te hou.

Besighede en individue is welkom om betrokke te raak, en van die fietsryers te borg vir die rit. Die projek word deur oom Jakkie geloots wat verlede jaar die roete alleen op sy fiets voltooi het. Hy is eerskomende Maandag, 30 Januarie op Kyknet se Ontbytsake program te sien.

Alle fondse wat ingesamel word op die dag sal aan liefdadigheidswelsynsorganisasies in die omgewing geskenk word. Vir meer inligting skakel Carel en Doret Taljaard by 079 815 3634 of 083 321 1633.

Related Articles

Back to top button