NewsSchools

Rolmodelle inspireer Monique

Haar ma, Karin Oelofse en juffrouens, Louise Venter en Theresa Maartens, was haar rolmodelle aangesien hulle mense is na wie sy opkyk.

POLOKWANE – Monique Oelofse is ‘n lewenslustige 18-jarige wat pas gr. 12 by HoĂ«r Tegniese Skool Tom NaudĂ© voltooi het. Hier het sy vakke soos ingenieursgrafika en ontwerp, lewensoriĂ«ntering, fisiesewetenskap en elektries studeer.

“My gunsteling vakke is wiskunde, want ek hou daarvan om probleme op te los wat my brein prikkel, ingenieurs grafika en ontwerp, want al het ek nie ‘n talent vir teken nie, hou ek nog steeds baie daarvan en fisika, want ek vind dit baie interessant om te weet hoe alles rondom my werk.”

Sy vertel dat toe sy jonger was, was haar droom om eendag ‘n akrise te wees, maar nou gaan sy B.Ing studeer, wat meganiese ingenieurswese is.

“Deur om deeglik te beplan het ek dit reggekry om my akademie, kultuur, sport en sosiale lewe te balanseer. Ek het ook gevind, dat hoe meer ‘n mens doen, hoe meer tyd het jy om meer te kan doen. Tot en met 2014 het ek deelgeneem aan ritmiese gimnastiek, maar weens ‘n besering moes ek ophou en van daar af het ek ritmiese gimnastiek afgerig. Ek glo dat sport belangrik is vir ‘n mens aangesien dit beteken jy volg ‘n gesonde en gebalanseerde leefstyl.”

Haar ma, Karin Oelofse en juffrouens, Louise Venter en Theresa Maartens, was haar rolmodelle aangesien hulle mense is na wie sy opkyk en by wie sy wysheid en inspirasie vind. Haar ma is ook haar ondersteuningstelsel, want sy is altyd daar vir haar.

“Sy help my om elke deel van my lewe in plek te hou en sy motiveer my wanneer ek dit nodig het.”

Deur haar skool vertel Monique, het sy mense gehelp.

“Om mense te help laat my goed voel en dit leer my ook om meer dankbaar te wees vir alles wat ek het. Dit bewys ook dat daar mense in die wĂȘreld is wat werklik ‘n verskil kan en wil maak.”

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button