Bosveld NewsNewsSchools

Stringe onderskeidings vir dié IEB-kandidate

Die gr. 12 leerders van CVO-Skool Potgietersrus en Mokopane English Combined School (MECS) is breëbors nadat hulle op 29 Desember hulle punte ontvang het.

MOKOPANE – Die CVO-Skool Potgietersrus en MECS se matrieks het die onafhanklike eksamenraad eksamen afgelê en beide pronk met ‘n 100% slaagsyfer.

Dié skool spog met 11 matrikulante waarvan vyf leerders twee onderskeidings elk ontvang het vir hulle harde werk. Drie leerders het elk een onderskeiding behaal. Skoolhoof Jan Harmse sê dat hy trots is op sy matrikulante en dat hy uitsien om te sien wat die jaar se gr. 12’s gaan oplewer.

“Ek hoop dat 2017 se matrikulante ook goeie vrugte sal pluk.”

Harmse meen die leerders is vanweë hulle puik punte, almal top presteerders.

Die Skoolhoof van MECS, dr. Adriaan Lubbe is uiters trots op die leerders se praguitslae.

Uit ‘n klas van 24 is ‘n totaal van 15 onderskeidings behaal en al die leerders het universiteitsvrystelling.

“Ek is vreeslik trots op my matrieks van 2016. Almal het bokant ons verwagtinge presteer, want die leerders het hard gewerk om hul mikpunte te bereik,” vertel Lubbe. Onder die leerders wat onderskeidings verkry het, was Lilly Labuschagne, 2016 se hoofmeisie, die top presteerder en het sy ‘n allemuntige vyf onderskeidings behaal.

Bosveld wens al die leerders geluk met hul uitslae toe en wens hul voorspoed toe vir die toekoms.

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button