Bosveld NewsLocal NewsNews

Petisie teen klapperskiet

Die Provinsiale Leier van die NKP, Valerie Byliefeldt en Hester Nieman, Provinsiale Vroueligaleier van NKP, het Dinsdagoggend by Bosveld se deure kom aanklop met 'n doel voor oë.

MOKOPANE – Byliefeldt en Nieman het ‘n petisie opgestel rakende die verbanning van klappers skiet in woongebiede en die handeldryf daarin.

Nieman meen dat die feesseisoen ‘n totale ramp was weens die noodlottige gevolge wat die skiet van klappers op die diere gehad het.

As deel van die NKP wil sy graag klappers totaal en al verban en het hul dus besluit om ‘n petisie op te stel.

Daarna sal dit aan die parlement voorgelê word vir proklamasie.

Nieman sê: “Bejaardes, kinders en diere lê die NKP na aan die hart en daarom stap ons altyd die ekstra myl vir hulle.

“Ons doen ‘n beroep op alle inwoners van die dorp asook in die provinsie om die petisie aangaande die klapper verbanning te teken”.

Nieman vertel verder dat hierdie saak al jare sloer en tot dusver is geen vordering gemaak in die stopsit daarvan nie.

“Ons glo nie in bywette nie, omrede dit net ‘n tydelike ding bly waarvoor mense nie werklik gehoor aan gee nie. Dis hoekom ons die wetinstelling wil hê”, vertel Beyliefeldt.

Hulle vra almal se ondersteuning in en buite die provinsie rondom hierdie petisie sowel as alle DBV-organisasies wat saam wil werk om hierdie saak ‘n sukses te maak.

Volgens Nieman kan ‘n kopie van die petisievorm by die Nylpark Mini-Mark en by Fins and Feathers gekry word om te teken.

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button