Bosveld SportLocal sportSport

Lim Sewesspan verras by Nasionale Toernooi

Die Limpopo Sewesspan het onlangs aan die jaarlikse Provinsiale Nasionale Toernooi deelgeneem in Nelspruit waar hulle die geskiedenis boeke herskryf het deur 'n 11de plek te beklink.

MOKOPANE -Die span het onder meer die volgende spanne uitgestof: die Sharks, Puma’s HV, Cheetahs, Griekwas en die Valke.

SJ Jonker (afrigter) bedank die spelers vir hulle harde werk en opofferings tydens die voorbereiding vir die Nasionale Toernooi.

Hy bedank ook die spelers wat aan die Limpopo Provinsiale Toernooi deelgeneem het nl. Phillip Fuls, Willem Dreyer, Gerhardt Marais, Ruan Potgieter, Nico Els, Jaco van Heerden, Christiaan Geyer en Deon Klein.

Verder bedank Jonker vir Laura Oosthuizen (spanbestuurder), Flip de Kock (hulp-afrigter), Ockie Groenewald (vorige spanbestuurder), Cas Badenhorst, Walter van der Walt, Helen Tooley, Shaun Moss, Laurence en Chris Erasmus.

Hy spreek ook sy dank teenoor die Limpopo Blou Bul Unie (Attie Buitendag) vir hulle harde werk en optimisme uit.

“Sonder ‘n span soos hulle sou die toernooi en resultate nie moontlik gewees het nie,” sĂȘ Jonker.

Related Articles

Back to top button