Bosveld SportSport

Skuts se gewere gelaai vir SA’s

Twee knap skuts van Mokopane is gekies om hierdie maand aan die Suid-Afrikaanse Luggeweerkampioenskappe in Hartbeespoortdam te gaan deelneem.

MOKOPANE – Zelda Genis ‘n gr. 12-leerder van die CVO-skool Potgietersrus en Jolene De Beer ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) gaan op 2-6 Oktober hulle skietvernuf op die proef stel.

Met sowat 500 van die land se top skuts wat in die o/21 Sporterafdeling gaan meeding, sal hulle skiet- en konsentrasievermoë tot op die uiterste getoets word.

Zelda het al menige kere aan die SA’s deelgeneem en skitterprestasies verwerf, maar vir Jolene is dit ‘n eerste keer wat sy die HPP Luggeweerskietklub op ‘n nasionale vlak gaan verteenwoordig.

Hulle afrigter, Willem Klemp wens die skuts sterkte toe.

Related Articles

Back to top button