Bosveld SportSport

Vliegkuns word op die proef gestel

Potties Vliegklub se vlieëniers is opgewonde en slaggereed om die komende naweek aan die Afrikabeker in Hazyview deel te neem.

MOKOPANE – Vyf van die vlieëniers, asook ‘n span op die grond wat moet sorg dat alles seepglad verloop, vertrek vandag (Vrydag) na Hazyview.

Die Afrikabekerkampioenskappe is die oudste vliegkompetisie in die wêreld met meer as sestig uitgesoekte vlieëniers wat teen mekaar gaan wedywer. Die kompetisie is vir vliegtuie ligter as 450 kg.

Nico Willemse van die Potties Vliegklub sê vanjaar neem die meeste vlieëniers van Limpopo wat al gekwalifiseer het, deel.

Die mikroligte vliegtuie staan gereed om die tog aan te pak.

Die vlieëniers vlieg vanoggend dou voor dag tot op Burgersfort en van daar na Hazyview vir die kampioenskappe.

Saam met Nico gaan Pierre Visser, Willie van der Merwe, Gawie Labuschagne en Nico Willemse (jnr.) hulle slag wys. Die 18-jarige Nico (jnr.) is die jongste deelnemer.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button