Bosveld NewsNews

Slange kom kuier in lente

Slange kom vir een van twee redes na erwe of vir kos of vir skuiling - slangkenner, Pieter Swanepoel

MOKOPANE – Met die aanbreek van lente beteken dit heerlike sonskyndae, maar hier in die Bosveld beteken dit óók dat slange meer aktief is.

Plaaslike slangkenner, Pieter Swanepoel vertel met die hoër temperature is slange meer aktief weens ‘n vinniger metabolisme en dus beweeg hul rond opsoek na prooi.

Swanepoel sê daar is geen produk wat inwoners kan gebruik om dié ongewenste gaste uit hul erwe te hou nie, maar indien inwoners hulle erwe skoon hou en nie tuinvullis en bourommel opgaar nie, verminder hul die kanse om slange te lok. Slange kom vir een van twee redes na erwe of vir kos of vir skuiling.

Swanepoel vertel verder dat inwoners hul nie hoef te kommer nie, want slange is banger vir jou, as jy vir hulle. Indien jy wel ‘n slang gewaar, los hom liefs uit. Moenie daarna poog om hom te vang of dood te maak nie, dit kan noodlottige gevolge hê. Inwoners kan Swanepoel by 082 336 6200 of Johan Dicks,(slangkenner), by 082 054 8861 kontak om slange te verwyder.

Related Articles

Back to top button