Local sportSport

‘Oefening die beste dokter’ – Sacco

Bobby Sacco, 'n plaaslike meestersatleet, sê hardloop is nog altyd een van sy groot passies en dat hy vir so lank as wat hy kan sal hardloop.

POLOKWANE – Bobby het  onlangs ‘n goue en silwer medalje verower tydens die 10 km Spring Opener in Tzaneen…

Die groot meestersatleet van Run/Walk for Life Polokwane het die wedloop in 45 minute voltooi wat hom ‘n goue medalje verseker het in die groot meesterskategorie, en ‘n silwer in die meesterskategorie.

“Ek was goed voorbereid vir die wedren en is bly al my oefening het vrugte gewerp. Ek het baie uithouvermoë-oefening gedoen en dus was ek reg vir die wedren,” vertel Bobby.

“Hardloop hou ‘n mens fiks en gesond. Ek nooi die hele gemeenskap uit om te begin deelneem, nie net sal jy dit geniet nie maar jy sal ook ‘n gesonder leefstyl lei.

“Ek glo die beste dokter en medisyne is harde oefening,” verduidelik hy.

calvyn@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button