Local NewsNews

Limpopo Supersterwenner skitter op die verhoog

Pieter Fourie se vertolking van Louis Armstrong se 1967 liedjie, What a Wonderful World

POLOKWANE – Op 13 Augustus is Pieter Fourie as die wenner van die Limpopo Supersterkompetisie aangekondig. Nadat hy van die oorweldigende verrassing herstel het, het hy die gaste met sy vertolking van Louis Armstrong se 1967 liedjie, What a Wonderful World, vermaak.

Pieter was stomgeslaan toe hy as die wenner aankondig is. “Ek kan dit nie glo nie! Ek is baie opgewonde vir die toekoms,” vertel Pieter met ‘n breë glimlag.

“Saam met die CD-kontrak ter waarde van R32 000 gaan Pieter ook die geleentheid hê om by die Limpopo Skouspel en Cansa Relay for Life op te tree,” sê JP Duvenage, die eienaar van Rock Hard Music School.

Die Limpopo Supersterkompetisie word aangebied deur Rock Hard Music School en gaan ‘n jaarlikse instelling word.

Die wenner van die Limpopo Supersterkompetisie saam met die organiseerders, beoordelaars en seremoniemeesters. Voor is Jaco Minnaar (beoordelaar), Milan Moon (gaskunstenaar en seremoniemeester), Anneke Serfontein (gaskunstenaar en seremoniemeester) en Dalene van Wyk (beoordelaar). Agter staan Celeste Becker (beoordelaar), Pieter Fourie (wenner), JP Duvenage (organiseerder) en Madeleine van der Kevie (beoordelaar).

mareth@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button