Local NewsNews

Carlo – slimkop met ‘n kubus

Meeste mense weet van die Rubik se kubis (Rubik cube), daardie blok met die verskillendgekleurde kante wat ‘n mens deurmekaar kan draai en dan weer reg moet maak

POLOKWANE – Verskeie huishoudings het een wat iewers in ‘n laai lê en een keer ‘n jaar, as al die familie kom kuier, sy verskyning maak om te toets wie dié ingewikkelde speelding kan baasraak. Almal kry dit egter nie altyd reg nie en die blok beland weer in die laai tot volgende vakansie.

Vir Carlo Drotski, ‘n gr. 6-leerder van Oosskool, is om ‘n Rubik se kubus te ontrafel ‘n heerlike tydverdryf.

In November het Review ‘n video op ons webwerf geplaas waar Carlo wys hoe vining hy ‘n kubus kan oplos en op Sondag, 19 Junie het hy in Sandton, Gauteng gaan deelneem aan die Speedcubes kompetisie.

“Daar was meer as 100 deelnemers tussen die ouderdomme van ses en 67 jaar oud. Daar is verskillende rondes in die kompetisie en ek was negende in die eerste ronde,” vertel die beskeie Carlo terwyl.

Hy vertel dat daar verskillende soorte kubusse is soos die Shapeshifter en die Ghost en hy verduidelik dat hulle ietwat meer van ‘n uitdaging vir hom is.

Elke kubus het ‘n tegniek om dit op te los med kodename vir elke tegniek. Tydens die kompetisies was daar rondes waar die deelnemers geblinddoek was of slegs met een hand die kubus mag opgelos het.

“Ek het 29ste in die kompetisie geeïndig. Dit was baie lekker om deel te wees van die kompetisie en ek sal verseker in die toekoms weer aan soortgelyke kompetisies wil deelneem.”

Carlo se pa, Chris, vertel dat selfs oppad terug na Polokwane het Carlo met ‘n kubus gesit en speel en dat hy konstant probeer om op sy persoonlike beste tyd te verbeter.

“Hy raak soms moedeloos en sit dan vir omtrent vyf minute die kubus neer voordat hy weer probeer. Hy is baie vasberade en gooi nooit tou op nie. Wiskunde is een van sy beste vakke en hy skeep nie sy ander verantwoordelike soos sy kitaarlesse of skoolwerk af om met die kubusse te speel nie. Hy maak ook altyd seker hy kry genoeg slaap. Hy gee ons elke dag rede om trots op hom te wees,” vertel Chris breëbors.

maretha@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button