CrimeNews

Inbrekers kos restaurant R150 000 na erge skade

Vir die eienaar van Eat 'n Run restaurant en wegneemetes het verlede Woensdag in 'n nagmerie ontaard toe sy in die vroeë oggendure gekontak is oor 'n inbraak op hulle perseel in Loodstraat.

POLOKWANE – Vir die eienaar van Eat ‘n Run restaurant en wegneemetes het verlede Woensdag in ‘n nagmerie ontaard toe sy in die vroeë oggendure gekontak is oor ‘n inbraak op hulle perseel in Loodstraat.

Bianca de Vries bestuur die restaurant al agt maande lank waar sy kos aan werkers in die area verkoop.

Sy het aan Review vertel dat die inbrekers gebruik gemaak het van ‘n staalraamwerk om toegang tot die dak van die gebou te kry.

Volgens De Vries het hulle daarna deur die dak gebreek en die alarmstelsel uit die muur geruk.

De Vries het gesê die inbrekers het kontant uit die kasregister, sigarette en ander winkelvoorraad gebuit. Sy het bereken dat die diefstal haar ‘n geraamde R150 000 gaan kos.

Sy het ‘n saak van inbraak en diefstal oopgemaak en die polisie ondersoek die saak.

Volgens De Vries het die polisie vingerafdrukke op die toneel geneem en volg hulle alle leidrade op.

Kapt. Mohlaka Mashiane van die Westenburg polisiestasie het beaam dat ‘n saak geopen is en dat hulle besig is met die ondersoek.

“Ek wil baie graag vir ons seku-riteitsmaatsappy en die polisie baie dankie sê vir hulle vinnige optrede en bystand,” het De Vries gesê.

Hierdie gat in die plafon van Eat 'n Run restaurant is deur inbrekers gemaak. Dit is net een van vele sulke gate.
Hierdie gat in die plafon van Eat ‘n Run restaurant is deur inbrekers gemaak. Dit is net een van vele sulke gate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button