Local NewsNews

Eva se Leeus brul teen Adams

Saterdag kom die Lions mans te staan teen die vroue wanneer die twee groepe nie-bederfbare produkte gaan insamel ten bate van minder bevoorregtes in die Lets Can Hunger stigting.

POLOKWANE -Die twee groepe het mekaar uitgedaag om te kyk wie die meeste nie-bederfbare produkte kan insamel by hul onderskeie afsetpunte. Die vroue sal staan by Spar Platinum Park terwyl die mans by Thornhill Spar op hulle pos sal wees.

Elke kliënt sal ‘n inligtingspamflet kry met R2 om by te dra tot hul aankope.

“Ons gee graag terug aan die gemeenskap en help op dié manier dat hulle ons kan help,” vertel Paul Vener, President van die Lions.

Die twee groepe doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle in hierdie projek te ondersteun.

Hulle sal vanaf 10:00 tot 14:00 daar wees.

Verteenwoordigers van die Lions manspan, Paul Venter en Karl Varkevisser saam met Christo Vlok (Spar Thornhill, Bestuurder).
Verteenwoordigers van die Lions manspan, Paul Venter en Karl Varkevisser saam met Christo Vlok (Spar Thornhill, Bestuurder).

Related Articles

Back to top button