Local sportSport

‘Grand master’ voltooi maraton in merkwaardige tyd

Johan van Graan (70) het al aan vele marathonne deelgeneem en is 'n wel-bekende atleet in die gemeenskap.

POLOKWANE – Hy het onlangs deelgeneem aan die half-marathon van die Marakele Marathon wat in die Marakele Nasionale Park net buite Thabazimbi plaasgevind het. Wat hierdie marathon so uniek maak is dat die atlete deur die park saam met die diere, wat die Groot Vyf insluit, kon hardloop.

Hy het die half-marathon in ‘n tyd van 2:58 ure voltooi wat merkwaardig is aangesien die roete baie straf is. Dit is op party dele so styl dat plaveistene gelê is sodat atlete gemakliker kan hardloop.

Van Graan is die eerste atleet om die marathon in die “Great Grand Masters”-kategorie te voltooi.

Hy neem graag altyd deel aan die Parkrun in die stad waar hy verlede Saterdag ‘n persoonlike beste tyd van 0:32:14 gehardloop het. Sy tyd is tans die Polokwane Parkrun rekord vir die mans 70 jaar en ouer kategorie.

Die Parkrun vind plass elke Saterdag om 08:00 oorkant die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

“As jy will fiks word en gewig verloor of net aktief wil wees sal ek die Parkrun sterk aanbeveel,” sê Van Graan.

“Dit is belangrik om te onthou, anima sana in corpore sano, dit beteken, ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees,” sluit Van Graan af.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button