Editor's choiceLocal NewsNews

Skuif reg vir Bruno se avonture met Adriaan Venter

Iets vir die jongspan: Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou. Hier volg die eerste storie in die reeks.

POLOKWANE – Adriaan Venter is nog altyd lief vir skryf en onder digters kringe, is hy bekend vir sy twee digbundels wat hy onlangs uitgebring het.

As enkel ouer van ‘n nege-jarige seun, het Adriaan besef dat kinders van jongs af lief moet raak vir lees. Toe hy na sy eie seun kyk, besef hy dat seuns en honde ‘n goeie kombinasie is en so is Bruno gebore.

Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou.

Hier volg die eerste storie in die reeks.

 

Bruno by die See

Die geel skool bus stop op die strand, dit begin lig word en Bruno en Snippie, sy heel beste honde maatjie, kyk verbaas na die mooi wit sand en die blou massa water. Juffrou Annie staan op en maak hulle stil.

” Maatjies julle moet nie te diep in die see in gaan nie asseblief? Dis baie water in die see en as ‘n golf jou vat en intrek gaan jy nie kan uitkom nie.”

Sê sy bekommerd vir hulle. Meneer Boel, wat die bus bestuur het, staan langs haar en sê hulle kan nou mooi uitklim en buite die bus wag, hy en Juffrou Annie sal nou by hulle wees.

Baie gehoorsaam klim Bruno en sy maatjies uit die bus, met hulle blink ogies, wollerige stertjies en tongetjies wat uithang kyk hulle verbaas na die see. Dis darm Baie water soos Juffrou Annie gesê het dink hy vir homself, hy hoop dis n warm dag dan sal hulle alte lekker in die vlak see-water kan baljaar.

Bruno en van die ander seuntjies help gou Meneer Boel om die mandjies, met allerhande lekker eetgoed, tafel, Gazebo en stoele uit die bus te laai. Meneer slaan vinnig die Gazebo op en sit die mandjies onder die gazebo sodat dit in die skadu is, daarna roep hy al die kinders bymekaar.

” Liewe Jesus dankie so baie dat ons veilig by die see kon aankom en dankie dat U ons liefhet, sëen ons asseblief asook die kossies wat ons gaan eet? Amen” bid Juffrou Annie. Vinnig kry juffrou papier borde uit en sit vir elke kind n hot dog in, na hulle ge-eet het word die papier borde in ñ vuilgoed sak gegooi.

Juffrou en Meneer sê hulle kan bietjie rond loop maar nie te ver nie, Bruno en Snippie besluit hulle gaan kyk wat is als by die rotse , wat net ñ klein entjie is van waar die bus staan. By die rotse besluit hulle om te maak of hulle seerowers is en die skulpies wat rond lê is goue munte, elkeen kry ‘n stok en sê dis hulle swaarde. Hulle speel al amper ‘n uur lank tussen die rotse en dan hoor hulle Meneer Boel se growwe stem hulle roep, vinnig maak hulle die skulpe , dis nou hulle goue munte, by mekaar en stap terug.

Dis net na twaalfuur die middag en almal het broodjies ge-eet en koeldrank gedrink, Juffrou vertel hulle ‘n storie van regte seerowers wat baie stout was, die seerowers het orals in hulle skip geseil en dan val hulle ander skepe aan en vat al hulle goud en skatte af. Eendag het hulle ‘n prinses op een van die skepe gekry en toe raak die hoof seerower smoor verlief op haar.

Die Prinses het ook verlief geraak op hom en vandag is hy nie meer ‘n seerower maar ‘n Prins en hulle is nog steeds baie gelukkig. Die kinders klap hande vir die mooi storie wat Juffrou vertel het, Meneer Boel kom nader , met ‘n dik boek in sy hand, en vra of die maatjies miskien skulpe opgetel het? Bruno en Snippie en nog maatjies sê ja en Meneer sê sy slim boek sal kan sê wat is elke skulpie se naam.

Die kinders sit en luister angstig as Meneer elke skulp se naam in die boek lees en ook wat beteken die naam, hulle nie geweet skulpe is ook diertjies nie! Heelwat later bêre Meneer die boek en sê almal gaan bietjie in die see se vlakwater swem, hy vat ‘n helder kleurige strand bal saam en dis nie lank of hulle lag te lekker soos hulle speel.

Net voor die son onder gaan eet almal vleis wat Meneer gebraai het saam met lekker pap en sous wat Juffrou Annie gemaak het, na ete sing hulle ‘n paar vrolike liedjies oor skulpies en die see. Vinnig pak hulle die goed netjies terug in die mandjies en die Gazebo word opgevou en als in die bus gepak.

Die son wil wil net wegraak agter die horison as die bus by die skool stop, Bruno sien vinnig Mamma en Pappa se motor en as hy Juffrou en Meneer dankie gesê en gegroet het nael hy na Mamma hulle toe. In Pappa se motor vertel hy hoe lekker dit by die see was en wat Meneer Boel hulle geleer het oor skulpies, hy haal ‘n paar skulpies uit sy rugsakkie en gee vir Mamma. ” Baie dankie Bruno!! Dis sulke mooi skulpies en ek sal hulle by die ander sit” sê Mamma.

Die volgende oggend slaap Bruno tot na sewe uur, hy hoor ‘n klop aan sy kamer se deur. Dis sy Sussie wat vir hom koffie en ‘n beskuitjie bring, hy groet haar en sê baie dankie vir die koffie en beskuitjie.

In hulle kamer lê Mamma en Pappa en luister as Bruno sy sussie vertel wat hulle als by die see gedoen het.

 

Hou dop volgende week: Bruno by die Sirkus

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button