Local NewsNews

Polokwane skoonhede probeer katte help

Vroeg Saterdagoggend het Jackie Shrives, Mev. Polokwane 2016, en van die ander finaliste bymekaar gekom met die hoop om 'n paar katte te vang.

POLOKWANE – Vroeg Saterdagoggend het Jackie Shrives, Mev. Polokwane 2016, en van die ander finaliste bymekaar gekom met die hoop om ‘n paar katte te vang.

Irene Schempers, van Catsnip Polokwane, het hulle by Devine Dreams Lodge buite die stad ontmoet en aan hulle die plan van aksie verduidelik.

“Ons stel ‘n lokval met ‘n hok met kos in en vang só die katte. Dan word hulle veearts toe geneem om getoets te word vir katvigs en leukemia.

“Hulle word dan ook gesteriliseer. Indien die mense wil hê die katte moet steeds in die area bly, word hulle teruggeneem, andersins word hulle na die Dierebeskermingsvereniging (DBV) geneem,” verduidelik sy.

“Die katte is wild en mense verkies gewoonlik dat hulle by die besighede bly aangesien hulle slange en rotte vang.

“Wanneer ons hulle vang, sny ons ‘n klein kepie in hul oor om te wys hulle is getoets en gesteriliseer wanneer ons weer kom vang.”

Irene vertel dat hulle deur die DBV ondersteun word en dat hulle saam met mekaar werk.

“Hulle kort nog hokke en dan ook pleegouers vir die katte wat gevang word.

Jackie en die ander finaliste het hand bygesit met die opmaak van kospakkies wat as aas gebruik is, die opstel van die hokke en die vang van kleiner katjies.

“As die kleintjies te klein is kan ons hulle nie vat nie. Hulle moet nog by hulle ma bly,” hoor Samantha Botha en Megan van der Merwe nadat hulle kennis gemaak het met die klein katjies.

“Ek het nie geweet dit is so ‘n groot storie om katte te vang nie. Ek dog dis iets wat jy sommer vinnig doen,” vertel Jackie nadat die twee groot katte wat duidelik siek is, uiteindelik gevang is.

Jackie en die ander finaliste het ook sakke katkos gebring wat dan deur Catsnip gebruik gaan word om die katte te voer.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button