Local NewsNews

Gesin verloor alles in brand Vrydag

'n Saak van brandstigting word deur die Westenburg polisie ondersoek na 'n huisbrand in Bushstraat, Ladanna Vrydagaand.

POLOKWANE – ‘n Saak van brandstigting word deur die Westenburg polisie ondersoek na ‘n huisbrand in Bushstraat, Ladanna Vrydagaand sê Kapt. Mohlaka Mashiane, Westenburg polisiewoordvoerder op Maandag.

Juanita Haken, die stigter van Polokwane Behoeftiges, en haar gesin is haweloos nadat hulle alles in die brand, wat sy vermoed deur ‘n elektriese kortsluiting veroorsaak is, verloor het.

Die Polokwane Behoeftiges voorsien kos, klere, speelgoed en ander basiese benodighede aan 70 mense, waarvan 29 kinders is in verskeie gebiede in die stad.

Review praat met Haken oor die aand

Die brand het kort voor middernag ontstaan toe ek deur ‘n harde plofgeluid wakker geruk is. Ek my twee kinders en my verloofde, Angus Davis, het op ‘n familiebed in die sitkamer geslaap vertel Haken.

“Toe ek na die venster kyk het ek reeds die gloeiende vlamme gesien en vir Angus geskree om wakker te word, my kinders gegryp en na die kombuis gehardloop.”

“Oomblikke daarna het die vlamme deurgebreek na die vertrek waarin ons was.”

“Na ‘n gesukkel het ons die agterdeur in die kombuis oopgekry en kon uit die huis kom en die vlamme betyds ontsnap,” vertel Haken.

Haken se benoude gille na hulp het gelukkig haar loseerders, Drieka en Hans de Koker, ook wakker gemaak en hulle kon ongedeerd na buite hardloop.

“Ons buurman het met sy tuinslang die brand probeer blus terwyl ons vir die brandweer gewag het, terwyl die bure oorkant die pad solank die kinders by hulle gehou het.

“Nadat die brandweer die brand geblus het, het ons besef ons het alles verloor.

“Ons het net ‘n paar stukkies klere oor – die res is tot as verbrand,” voeg Haken by.

“Dit is erg dat ons alles tydens die brand verloor het, maar my hart is veral seer omdat die 10 bokse speelgoed en sewe sakke vol klere wat ons hierdie naweek moes uitdeel aan die minder bevoorregtes ook in hierdie brand vernietig is,” sê Haken.

Kapt. Mohlaka Mashiane, Westenburg polisiewoordvoerder, het bevestig geen beserings is deur die inwoners tydens die brand opgedoen nie en nog geen arrestasie is gemaak nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button