Rooi tapyt uitgerol vir era van vere en kruisbande
Die gr. 12 leerders van Hoërskool Hans Strijdom is verlede Woensdagaand op 'n reis teruggeneem na die swierige 'Old Hollywood' era tydens hul matriekafskeid by Euphoria Gholf Landgoed.
Die gr. 12 leerders van Hoërskool Hans Strijdom het verlede Woensdagaand tydens hul "Old Hollywood" matriekafskeid die skare na hul asems laat snak. Hulle is: Alex Gregan, Lizani Hugo, Stefan Pretorius, Ilse Gravett, Jannes de Jager, Christel Jansen, Martin Grobler en Bianca Weyers. Foto's: Verskaf
Mellisa Leeb en Devan Palmer het net weereens bewys dat swart stylvol, klassiek en tydloos op die rooi tapyt vertoon.
Chané Rautenbach en EC Hattingh in hul koninklike blou aanddrag.
Paul Roos en Venetia Oosthuizen het harte gesteel toe hul per koets hul verskyning op die rooitapyt maak.
Charné Jooste en Nico Englebrecht het soos ‘n glanspaar eg uit die ou-Hollywood era gelyk.
Jacques Pretorius en Cindy van der Westhuizen met hul aankoms.