Local NewsNews

Hul hondekind een uit ‘n duisend

Die tweejarige, embriologiese wonderwerk, Lulu is 'n Basset-hond en die hondekind van Berlize en Adrian Bronkhorst.

POLOKWANE -Die tweejarige, embriologiese wonderwerk, Lulu is ‘n Basset-hond en die hondekind van Berlize en Adrian Bronkhorst.

Gedurende ‘n onlangse veeartsbesoek het dr. Dario Cremona, die veearts by Pietersburg Dierekliniek besef alles is nie heeltemal pluis nie.

“Ek moes haar ore skoonmaak en het haar sommer bietjie ‘n algemene ondersoek gegee. Dit is toé wat ek besef sy is eintlik ‘n reun.”

“Jy kry pseudo-hermafrodiete en ware hermafrodietiese diere, maar dit is baie skaars. Ons weet van sowat een uit ‘n duisend gevalle. Lulu is ‘n ware hermafrodiet.

“Aan die buitekant is sy ‘n teef-hond, maar sy het reungeslagsdele in plaas van teefgeslagsdele. Sy het ook glad nie tepels nie.”

Hy vertel dat honde wat ware hermafrodiete is soos een geslag lyk, maar eintlik die ander geslag is.

In 30 jaar is hierdie die eerste geval waarvan die praktyk weet.

“Ons het X- straalplate geneem om seker te maak. ‘n Reun se geslagsorgaan is van been en dus word dit op X-straal plate opgetel. Ons weet nie of sy eierstokke en ‘n baarmoeder het nie, en sal dit eers vasstel sodra sy gesteriliseer word. Sy bou wel manlike hormone op.”

Volgens Adrian is Lulu nog steeds hul meisiekind en sy self is min gepla oor die oënskynlike stukkie geskiedenis wat sy plaaslik gemaak het.

'n X-straal plaat van Lulu waar mens kan sien haar reungeslagsdele is net onder haar stert.
‘n X-straal plaat van Lulu waar mens kan sien haar reungeslagsdele is net onder haar stert.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button