Local NewsNews

Bernice ‘fanatiek’ oor haar kuns

Bernice het reeds op 10 jaar met kunsklasse begin en het dit tot onlangs volgehou.

POLOKWANE –  “Ek kan dae aaneen werk,” sê Bernice Wepener.

Die kunstenaar is fanatiek oor haar kuns, dus noem sy haar kunsbesigheid Fanatical Art.

Bernice het reeds op 10 jaar met kunsklasse begin nadat sy ‘n kaartjie vir haar ouma met blinkertjies versier het.

“My ouma was baie beïndruk en het onmiddellik besluit ek moet kunsklasse neem. Ek het toe begin met klasse en het dit tot onlangs volgehou.”

Maar nou wil Bernice eers net haar kunswerk verkoop en self meer ontwikkel. Sy hoop wel om later ook ander te leer.

Bernice was in die Hoërskool Pietersburg en vertel sy het reeds op skool uitstallings gehou. In 2010 het sy by die Kunsmuseum van haar werk uitgestal.

“My gunsteling medium is olieverf aangesien dit ryker kleure behels… jy kan ook meet die kleure go oor mekaar sit.”

Sy berei nou voor om by die jaarlikse Kunsmark in Polokwane uit te stal.

Vorentoe wil sy graag kunsklasse vir laerskool- en hoërskoolkinders aanbied.

Bernice se werk kan besigtig word by www.fanatical-art.com of op haar Facebookblad Fanatical Art. Sy kan gekontak word by 082 605 8725.

Related Articles

Back to top button