Local sportSportUpdate

Ude terug in SA na kompetisie

Ude het aan die Fédération Internationale De Natation (FINA) Wêreld Junior Swemkampioenskappe gaan deelneem.

POLOKWANE – “Dit was ‘n asemrowende ondervinding.”

Ude Fuchs, ‘n plaaslike swemmer het ‘n geleentheid gehad waarvan meeste swemmers net kan droom. Ude het aan die Fédération Internationale De Natation (FINA) Wêreld Junior Swemkampioenskappe gaan deelneem wat laasweek in Singapoer plaasgevind het.

“Die kampioenskappe is heeltemal anders as enigiets wat ek al hier in Suid-Afrika beleef het. Ek het baie daaruit geleer en is nou beter voorbereid om toekomstige kampioenskappe aan te durf,” sê Ude.

Altesaam 87 lande en 700 swemmers het van 25 tot 30 Augustus meegeding.

 

Ude se tye vir die swemkampioenskap:

• 50 m borsslag – 29:69 sekondes.

• 50 m rugslag – 27:33 sekondes.

• 100 m vlinderslag – 55:83 sekondes.

• 100 m borsslag – 1:05:65 minute.

• 100 m rugslag – 58:54 sekondes.

• 200 m vlinderslag – 2:03:58 minute.

Ude is gereed om op hierdie tye te verbeter en gaan verseker weer probeer kwalifiseer vir volgende jaar se FINA kampioenskappe.

 

Lees meer:

Ude verken dieper waters in Asië

Ude kry kans van ‘n leeftyd

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button